Lewer 30

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 1 uur

400 g donkersjokolade

200 g gemengde neute, gekap

200 g pretzels, gekap

  1. Breek die sjokolade in blokkies in ’n groot, hittebestande bak. Smelt die sjokolade oor ’n pot pruttende water terwyl jy roer tot dit gesmelt het.
  2. Meng die neute en pretzels deur die gesmelte sjokolade tot alles met die sjokolade bedek is.
  3. Sit bakpapier op ’n groot bakplaat en skep hopies van die neutmengsel op die plaat. Laat dit afkoel en heeltemal verhard.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers