Lewer sowat 70 stukke

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45-50 minute

Uitdroogtyd: 3-4 uur

500 g botter of margarien

25 ml (5 t) melasse

500 ml (2 k) karringmelk

2 eiers, geklits

1 kg bruismeel

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

400 ml sagte bruinsuiker

750 ml (3 k) muesli

200 ml klapper

80 ml (1/3 k) pampoenpitte

100 ml heel amandels, helfte grof gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer drie klein broodpanne (18 cm x 9 cm elk) deeglik.

  1. Smelt die botter of margarien. Laat dit effens afkoel en klits die melasse, karringmelk en eiers daarby in.
  2. Meng die res van die bestanddele goed en voeg die bottermengsel by. Roer met ’n houtlepel om goed te meng. Skep die deeg in die panne en druk dit gelyk.
  3. Bak 45-50 minute of tot goudbruin en gaar. Laat die beskuit 15 minute in die panne afkoel. Keer dit dan uit op draadrakkies sodat dit heeltemal kan afkoel.
  4. Sny dit in stukke of breek dit versigtig.
  5. Laat die beskuit 3-4 uur uitdroog.