Maak sowat 70 stukke beskuit.

500 g botter of margarien, gesmelt

25 ml melasse

500 ml karringmelk

2 eiers, geklits

1 kg bruismeel

15 ml bakpoeier

5 ml sout

400 ml sagte bruinsuiker

750 ml muesli

200 ml klapper

80 ml pampoenpitte

100 ml heel amandels, helfte grof gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer drie klein broodpanne (18 cm x 9 cm elk) deeglik.

Laat die gesmelte botter of margarien effens afkoel en klits die melasse, karringmelk en eiers daarby in.

Meng al die droë bestanddele goed en voeg die bottermengsel by.

Roer met ’n houtlepel om goed te meng.

Skep die deeg in die panne en druk dit gelyk.

Bak sowat 45 – 50 minute of tot goudbruin en gaar.

Laat die beskuit 15 minute in die panne afkoel.

Keer dit dan uit op draadrakkies sodat dit heeltemal kan afkoel.

Sny dit in stukke of breek dit versigtig.

Droog dit uit soos beskryf hieronder.

DROOG Só DIE BESKUIT UIT

Voorverhit die oond tot 90 °C.

Plaas die stukke beskuit op groot bakplate en laat droog vir 3-4 ure in die oond.

Volg Huisgenoot op Twitter.