Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

400 g skilferkorsdeeg

1 eier, liggies geklits

500 ml (2 k) mozzarella, gerasper

3 sprietuie, in skywe gesny

100 g olywe

500 g kersietamaties

30 ml balsemieke asyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Rol die skilferkorsdeeg liggies uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny reghoeke uit.
  2. Pak dit op die bakplaat en sny met ’n skerp mes liggies deur die deeg sowat 1 cm van die rand af.
  3. Verf die deeg met eier. Pak die mozzarella en sprietuie in die middel van die deeg. Meng die olywe, tamaties en balsemieke asyn in ’n bakkie en laat marineer die mengsel 15 min. Skep dit dan op die kaas en sprietuie.
  4. Bak 20 min. of tot die deeg goudkleurig en opgepof is. Sit warm voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan