Lewer 9

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 g biefmaalvleis

2 tamaties, gekap

1 ui, gerasper

’n hand vol pietersielie, gekap

60 ml (¼ k) broodkrummels

1 eier

15 ml (1 e) worcestersous

15 ml (1 e) bruin druiweasyn

sout en peper

250 g streepspekvleis

45 ml (3 e) heuning

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Meng die maalvleis, tamaties, ui, pietersielie, broodkrummels, eier, Worcestersous, bruinasyn, sout en peper in ’n bak.

3    Smeer nege minibroodpannetjies en voer elkeen met ’n reep spek uit. Pers die maalvleismengsel met jou hande saam en druk die broodpanne daarmee vol. Bak 20 minute.

4    Keer die vleisbroodjies op ’n bakplaat uit. Verf met heuning en sit nog 10 minute in die oond of tot goudkleurig.

- Hope Malau