Bereiding: 25 minute

gaarmaaktyd: 20 minute

genoeg vir 6 mense

6 gekoopte broskors-tertkorse, 7 cm elk)

SUURLEMOENSMEER

125 g botter

sap en gerasperde skil van 4 suurlemoene

5 ekstragroot eiergele

250 ml (1 k) suiker

MERINGUE

3 eierwitte

1 ml (¼ t) kremetart

knippie sout

125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 220 °C. Rangskik die tertkorse op ’n groot bakplaat.

SUURLEMOENSMEER Smelt die botter oor baie lae hitte en roer die suurlemoensap en -skil, eiergele en suiker daarby in. Meng goed en roer sowat 10 minute aanhoudend oor lae hitte of tot dit verdik. Laat die smeer afkoel en hou eenkant.

MERINGUE Klits die eierwitte, kremetart en sout in ’n groot, skoon mengbak tot skuimerig. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits goed ná elke byvoeging. Klits tot stywe punte vorm.

Skep die afgekoelde suurlemoensmeer in die tertdoppies en skep die meringue boop.

Bak 6-8 minute of tot die meringue liggies goudbruin verkleur.