Lewer 8 minikoekies

Bereiding: 5 min.

Bak: 45 min.

KOEK

500 ml (2 k) koekmeel

80 ml ( k) kakao

250 ml (1 k) fyn amandels

10 ml (2 t) bakpoeier

375 ml (1½ k) bruinsuiker

200 g botter, gesmelt

3 eiers

250 ml (1 k) karringmelk

GANACHE

150 g donkersjokolade

125 ml (½ k) room of natuurlike jogurt

AFRONDING

24-30 mini-meringues

Voorverhit die oond tot 180 °C. S

puit 8 klein ramekins en bestuif met meel.

Plaas bakpapier op ’n bakplaat; spuit en bestuif dit met mielieblom.

  1. Koek Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak en klits baie goed. Skep die pannetjies driekwart vol en bak sowat 45 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Keer uit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel. Verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C.
  2. Ganache Smelt die sjokolade; roer die room of jogurt by. Laat effens afkoel tot smeerbaar.
  3. Afronding Plaas die koekies op ’n opdienbord en smeer die ganache oor die hele koekie. Pak die meringues bo-op en laat staan om te verstewig. Stuif met versiersuiker indien verkies.