Lewer sowat 20

Bereidingtyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

310 ml (1¼ k) meel

80 ml (? k) suiker

10 ml (2 t) bakpoeier

2 ml (½ t) neutmuskaat

2 ml (½ t) kaneel

knippie sout

125 ml (½ k) melk

1 eier

30 ml (2 e) gesmelte botter

olie vir diepbraai

strooisuiker vir bedekking

aarbeikonfyt vir vul

  1. Meng die meel, suiker, bakpoeier, neutmuskaat, kaneel en sout in ’n groot bak. Meng die melk, eier en botter in ’n beker. Giet oor die meelmengsel en klits tot goed gemeng. Verplaas na ’n spuitsak.
  2. Maak ’n pot half vol olie vir diepbraai en verhit oor matige hitte. Wanneer die olie warm is, druk versigtig klein hoeveelhede van die deeg in die olie uit en braai 3 minute of tot goudkleurig en deurgaar.
  3. Rol in die strooisuiker en sit eenkant om heeltemal af toe koel. Herhaal met die res van die deeg.
  4. Wanneer die oliebolle afgekoel het, sny hulle in die middel oop en skep ’n bietjie aarbeikonfyt in.

- Hope Malau