LEWER 8 KOEKE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

150 g dadels, grof gekap

250 ml (1 k) koffie

5 ml (1 t) koeksoda

65 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

1 eier, geklits

skil van 1 suurlemoen

330 ml (1¼ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) wonderpeper

Bolaag

125 ml (½ k) strooisuiker

60 g botter

15 ml (1 e) water

2,5 ml (½ t) wonderpeper

30 g neute

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n mini-broodpan.

  1. Week die dadels in die koffie en koeksoda en sit eenkant. Voeg die botter, strooisuiker, eier en suurlemoenskil by.
  2. Sif die meel, bakpoeier en wonderpeper saam en voeg by die nat bestanddele. Roer goed en plaas in die broodpan. Bak 20 min. of tot ferm wanneer jy liggies daarop druk.
  3. Bolaag Plaas die strooisuiker en botter in ’n kastrol oor lae hitte.
  4. Wanneer die suiker opgelos het, roer die water, wonderpeper en neute van jou keuse by. Bedruip die koeke daarmee.

Deur Hope Malau