Lewer 12 mini-brode

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 1 uur

1 L (4 k) bruismeel

250 g cheddarkaas, gerasper

250 ml (1 k) bevrore mieliepitte

500 ml (2 k) maas

1 ui, gekap

125 g spekvleis, gekap

’n hand vol grasuie, gekap

½ hand vol tiemie, gekap

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 12 mini-broodpanne of 1 groot broodpan.

2    Meng die meel, die meeste van die kaas (hou ’n biejie eenkant vir bo-oor strooi), mieliepitte, maas, ui en spekvleis in ’n bak.

3    Skep die deeg in die voorbereide pan(ne) en bedek met die oorblywende kaas.

4    Bak sowat 1 uur of tot goudkleurig en deurgaar. Garneer met die gekapte grasuie en tiemie en sit voor.

- Hope Malau