Lewer: sowat 28 blokkies

Bereiding: 15 min.

Mikrogolf: 2-3 min. per bakkie

25 ml (5 t) gouestroop

200 ml margarien

500 ml (2 k) hawermout

250 ml (1 k) klapper

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) suiker

60 ml (¼ k) gemengde sade en neuter of ontbytsaadmengsel

125 ml (½ k) droë bosbessies of gekapte dadels

  1. Spuit 4 klein glasbakke van 10 x 10 cm elk goed met kossproei.
  2. Smelt die stroop en margarien 2 minute in ’n glasbak in die mikrogolfoond.
  3. Meng die res van die bestanddele en voeg by die stroopmengsel.
  4. Skep in die voorbereide bakke.
  5. Mikrogolf elke bakkie 2-2½ min. op 100 persent-krag tot stewig en ’n ligte goudbruin. Pasop vir te lank; die koekies word van binne gaar en sal van binne brand.
  6. Laat effens afkoel, sny in blokkies en bêre tot ’n maand in lugdigte houers wanneer heeltemal afgekoel.

Resep uit Huisgenoot Lekker Soet. KLIK HIER om jou boekie te bestel