Maak 1 brood

bereiding: 5 minute

gaarmaaktyd: 12-15 minute

4 eiers

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) suiker

knippie sout

250 ml (1 k) mieliemeel

30 ml (2 e) koekmeel

7 ml (1½ t) bakpoeier

1 blik (410 g) suikermielies

1 blik (410 g) pitmielies,

gedreineer 30 ml (2 e) olie paprika Spuit ’n 28-cm silikoon-broodpan met kossproei. Voer die boom uit met kombuispapier.

  1. Klits die eiers, melk, suiker en sout saam.
  2. Sif die droë bestanddele saam en meng by die eiermengsel. Voeg die mielies en olie by en meng goed.
  3. Giet die mengsel in die voorbereide broodpan en sprinkle paprika oor. Plaas die broodpan op ’n omgekeerde piering en mikrogolf 12-15 minute tot gaar.
  4. Laat 10 minute in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit. Sit louwarm of koud