Bereiding: 15 minute

Baktyd: 20 minute

Genoeg vir 12 mense

375 ml (1½ k) gewone meel

250 ml (1 k) fyn mieliemeel

’n knippie sout

60 ml (¼ k) bakpoeier

110 g suiker

500 ml (2 k) melk

2 eiers

110 g botter, gesmelt

331 g (1 blik) suikermielies

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer ’n muffinpan en voer dit met bakpapier uit.

Meng al die bestanddele buiten die suikermielies 10 minute in ’n bak tot glad.

Voeg dan die suikermielies by en roer in.

Gooi dit in die voorbereide doppies en bak dit 20 minute in die oond of tot goudbruin.

- Hope Malau

Foto: David Briers