En dit is presies hoe hierdie muffins ontstaan het. Leatitia is nie baie lief vir mieliepap nie, maar sy is dol oor hierdie muffins.

LEWER 6 GROOT MUFFINS

Bereiding: 12 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

500 ml (2 k) mieliemeel

1 L (4 k) water

5 ml (1 t) sout

45 ml (3 e) botter

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

5 ml (1 t) rooipeper

5 ml (1 t) paprika

250 ml (1 k) mieliepitte

6-8 sondroë tamaties, gekap

60 ml (¼ k) vars gemengde kruie, gekap

6-8 kersietamaties, gehalveer

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer die holtes van ’n groot muffinpan.

  1. Meng die mieliemeel en die water volgens die aanwysings op die verpakking en laat dit heeltemal afkoel.
  2. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die kersietamaties, by en meng goed.
  3. Skep die mengsel in die voorbereide muffinpan en rangskik die kersietamaties op elke muffin. Bak 20 min. tot goudbruin.
  4. Sit dit voor met slaai of met chakalaka en enige vleis van jou keuse.