Lewer 1 koekbrood

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

130 g sagte botter of margarien

100 ml suiker

3 eiers, geskei

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) melk

100 g okkerneute, gekap

100 ml strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 22 x 8 cm en bestrooi met fyn, droë broodkrummels of meel.

  1. Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by en meng goed.
  2. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng by die bottermengsel in. Vou die melk in.
  3. Skep in die voorbereide broodpan en strooi die gekapte neute oor die beslag.
  4. Klits die eierwitte effens en voeg die strooisuiker geleidelik by. Klits tot ’n stywe meringue gevorm is.
  5. Bedek die beslag met die meringue en bak 50 minute. Bedek die meringue met ’n vel tinfoelie as dit te donker begin bak.