Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Bak: 1 uur

125 ml (½ k) gemengde neute, gekap

310 ml (1¼ k) bruinsuiker

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

200 g botter, versag

6 eiers

200 g fyn amandels

15 ml (1 t) kakao, gesif

200 g donker sjokolade, gesmelt

3 ferm pere, geskil, gehalveer en pitte verwyder

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n ronde koekpan van 20 cm met bakpapier uit.

  1. Bedek die bodem met gekapte neute. Klits die suiker, vanielje en botter in ’n bak tot lig en donsig. Voeg die eiers, amandels, kakao en gesmelte sjokolade by en klits tot gemeng.
  2. Skep die mengsel in die bereide pan. Rangskik die pere egalig met die snykant na onder en bak 1 uur of tot heel gaar. Haal die koek uit die oond en laat in die pan afkoel.
  3. Haal die koek uit die pan en besprinkel met kakaopoeier.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers