Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

375 ml (1½ k) suiker

2 eiers

30 ml (2 e) spanspekkonfyt

310 ml (1¼ k) meel

10 ml (2 t) koeksoda

’n knippie sout

30 g botter

5 ml (1 t) asyn

125 ml (½ k) melk

SOUS

250 ml (1 k) room

125 g botter

160 ml (? k) bruinsuiker

100 ml warm water

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 4 ramekins.

  1. Meng die suiker en eiers in ’n groot bak en klits goed, en meng dan die konfyt in.
  2. Sif die meel, koeksoda en sout in ’n ander bak. Sit eenkant.
  3. Smelt die botter saam met die asyn in ’n klein kastrol. Verwyder van die hitte en sit eenkant.
  4. Meng geleidelik die bottermengsel met die meelmengsel en die melk met die eiermengsel . Meng afwisselend klein hoeveelhede en klits aanhoudend tot ’n gladde beslag vorm.
  5. Giet die beslag in die ramekins en bak 30 min. of tot ferm en bruin.
  6. Sous: Smelt al die bestanddele in ’n kastrol. Giet die sous oor die poeding terwyl dit nog warm is.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan