GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

200 g botter

375 ml (1½ k) strooisuiker

3 eiers

60 ml (¼ k) kakaopoeier

60 ml (¼ k) melk

310 ml (1¼ k) bruismeel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) fyn gemmer

80 g donkersjokolade, gesmelt

20 wit malvalekkers

1.     Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan.

2.     Klits die botter en suiker in ’n groot mengbak tot romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits ná elke toevoeging.

3.     Gooi die kakao in ’n groot, hittebestande bak. Roer 80 ml (? k) kookwater in en voeg dan die melk by. Meng tot glad.

4.     Giet die kakaomengsel by die eiermengsel in. Sif die meel, bakpoeier en gemmer in.

5.     Plaas die deeg in die koekpan en bak 40 min. of tot die koek van die kant van die pan af wegkrimp en terugspring wanneer dit liggies in die middel gedruk word. Laat die koek ’n paar minute in die pan afkoel en keer dit dan uit.

6.     Verf die koek bo-op met gesmelte sjokolade en pak malvalekkers oor die koek. Rooster onder die oondrooster of met ’n blaasvlam tot goudkleurig. Giet die oorblywende sjokolade oor.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller