Bereiding 10 minute

Baktyd 60 minute

Lewer 1 piesangbrood

KOEK

125 g botter

250 ml (1 k) bruinsuiker

5 ml (1 t) fyn kaneel

5 ml (1 t) koeksoda

250 ml (1 k) water

2 eiers, geklits

500 ml (2 k) bruismeel

3 goedryp piesangs, fyn gedruk

125 ml(½k) pekanneute, gekap

VERSIERSEL

230 g geroomde maaskaas

125 g sagte botter

10 ml (2 t) fyn kaneel

750 ml (3 k) versiersuiker, gesif

gedroogde piesangskyfies vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 26 x 9 cm.

  1. Koek Plaas die botter, bruinsuiker, kaneel, koeksoda en water in ’n kastrol en laat kook terwyl jy roer. Laat 3 minute prut.
  2. Laat afkoel en klits die eiers by. Vou die meel en daarna die piesangs en neute by.
  3. Giet in die pan en bak sowat 60 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.
  4. Laat effens in die pan afkoel en keer op ’n draadrakkie uit.
  5. Versiersel Klop die maaskaas, botter en kaneel saam tot glad. Voeg die versiersuiker by en roer goed.
  6. Smeer oor die piesangbrood en sprinkel die gedroogde piesangskyfies bo-oor.