Hierdie soet lekkerte is baie maklik om te maak en ideaal om kinders en vriende met ’n suikertand mee te bederf.

Lewer 24 blokkies

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 2 min.

500 ml (2 k) grondbone, gerooster

300 g malvalekkers

300 g melksjokolade, in stukke gebreek

15 g botter

385 g kondensmelk

Voer ’n 23 x 23 cm-pan oraloor met bakpapier uit.

  1. Plaas die grondbone en malvalekkres in ’n groot mengbak en meng goed. Sit eenkant.
  2. Plaas die sjokoladestukke, botter en kondensmelk in ’n mikrogolfbestande bak. Mikrogolf 1 min. op hoog, haal uit en roer, en mikrogolf weer 1 min. Haal uit en roer tot die sjokolade heel gesmelt is.
  3. Laat koel 2 min. af en roer dit by die malvalakker-en-grondboonmengsel in tot alles bedek is.
  4. Sprei in die voorbereide pan uit en verkoel 2 uur in die yskas. Sny in blokkies.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander