GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2 uur

240 g vrugtekoekmengsel

100 g verglansde kersies

60 g gemengde skil

afgeskraapte skil (zest) van 1 lemoen

afgeskraapte skil (zest) van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) brandewyn

170 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

4 eiers

310 ml (1¼ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) gemengde speserye

60 g amandelmeel

Voorverhit die oond tot 150 ºC. Voer die bodem en kante van ’n koekpan van 20 cm uit.

1. Plaas die vrugtekoekmengsel, kersies, gemengde skil, afgeskraapte skil en brandewyn in ’n bak, bedek en hou 1 uur eenkant.

2. Meng die botter en suiker in ’n bak tot lig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy klits ná elke byvoeging tot goed gemeng

3. Sif die meel, bakpoeier en speserye in en meng liggies. Roer die amandelmeel en droëvrugtemengsel in. Giet in die pan en bak 2 uur of tot ’n toetspen wat in die middel ingesteek word, skoon uitkom.

4. Laat afkoel voor jy dit uit die pan verwyder.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller