Lewer 20

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 20 minute

100 g botter, sag gemaak

250 ml (1 k) strooisuiker

3 eiers

725 ml (2½ k) bruismeel

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) grenadella-pulp

VERSIERSEL

15 ml (1 e) grenadella-pulp

45 ml (3 e) room

375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 20 muffinpan-holtes en voer met papierdoppies uit.

2.    Room die botter en suiker saam in ’n groot bak tot bleek en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

3.    Sif die meel en bakpoeier oor die mengsel en vou dan in. Roer die melk en grenadella-pulp in.

4.    Skep die mengsel in die papierdoppies en bak 20 minute of tot goudkleurig en ’n sosatiepen wat in die middel gesteek word, skoon uitkom. Verplaas na ’n draadrak om af te koel.

5.    Versiersel: Plaas die grenadella-pulp, room en versiersuiker in ’n bak en meng met ’n klitser tot dik en glad. Skep oor die afgekoelde kolwyntjies.