LEWER 36-40

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30-35 min.

Droog: 3-4 uur of oornag

800 ml (3¼ k) bruismeel

180 ml (¾ k) bruinsuiker

5 ml (1 t) bakpoeier

500 ml (2 k) semels

125 ml (½ k) hawermout

125 ml (½ k) klapper

125 ml (½ k) sonneblomsaad

180 ml (¾ k) rosyne of korente

250 ml (1 k) gewone jogurt

1 eier

250 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n pan van 29 x 20 cm.

  1. Sif die meel, bruinsuiker en bakpoeier saam in ’n groot mengbak.
  2. Voeg die semels en oorblywende droë bestanddele by en meng liggies deur die meel.
  3. Klits die jogurt en eier saam en giet stadig by die gesmelte botter in terwyl jy klits.
  4. Giet die jogurtmengsel by die droë bestanddele en meng goed tot ’n klewerige deeg vorm. Skep die mengsel in die bereide pan en bak ’n halfuur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  5. Wanneer gaar, verwyder uit die pan en laat afkoel. Sny in blokkies en plaas dit op ’n draadrak. Voorverhit die oond tot 90 °C. Rangskik die beskuit op groot bakplate en droog 3-4 uur of verkieslik oornag.