Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 10-20 minute

500 ml (2 k) bruismeel

3 ml (ruim ½ t) sout

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) margarien, gesmelt, of olie

200 ml louwarm water

ekstra meel

  1. Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak.
  2. Roer die margarien of olie by die meelmengsel in.
  3. Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm.
  4. Knie die deeg sowat 5 minute.
  5. Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat.
  6. Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel.
  7. Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar.