Lewer sowat 30 bruintjies (na gelang van die vorm) Bereiding: 5 minute Baktyd: 12-15 minute

  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 350-500 ml suiker
  • 90 ml (6 e) kakao
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 160 ml (2/3 k) olie
  • 30 ml (2 e) druiweasyn
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) koue water
  • 200 g Top Deck-sjokolade, grof gekap
  • 100 g gemengde neute, grof gekap
  • versiersuiker vir oorsif
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot oondpan met bakpapier uit.
  1. Sif al die droë bestanddele saam. Maak ’n holte in die middel.
  2. Klits die olie, asyn, geursel en water saam. Giet dit in die holte. Klits tot goed gemeng.
  3. Vou die sjokolade en neuter by die beslag in en giet dit in die voorbereide pan.
  4. Bak 15 minute of tot die bokors effens gebars en die koek nog lekker klam is.
  5. Laat in die pan afkoel.
  6. Druk met ’n drukker vorms uit of sny die koek in blokkies.
  7. Sif die suiker oor en sit voor.