Genoeg vir 6

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 40 min.

400 g broskorsdeeg

VULSEL

15 ml (1 e) olie

200 g blomkool

250 g biltong

250 ml (1 k) room

4 eiers ?sout en peper

150 g bloukaas, gekrummel

30 ml (2 e) heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm ronde bakskottel.

  1. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en voer die bakskottel daarmee uit. Prik ’n paar keer met ’n vurk en blindbak 10 min. of tot goudkleurig.
  2. Vulsel Verminder die hitte tot 160 °C. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die blomkool tot goudkleurig. Rangskik die biltong en blomkool in die deegdop.
  3. Meng die room en eiers en giet oor die biltong en blomkool. Bak 30 min. of tot geset en effens goudkleurig. Strooi die gekrummelde bloukaas oor en bedruip met heuning om af te rond.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander