Maak sowat 40-50 stukke

Bereidingstyd: 20 minute

Baktyd: 1 uur

Uitdroogtyd: oornag

5 x 250 ml (5 k) Nutty Weat

5 x 250 ml (5 k) bruismeel

500 ml (2 k) semels

30 ml (2 e) bakpoeier

500 ml (2 k) witsuiker

knippie sout

500 g botter

2 eiers

500 ml (2 k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak met botter. Sif al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak.

Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.

Klits die eiers en melk saam en voeg by die meelmengsel. Dit is nie ’n “nat” deeg nie. Druk die deeg in die voorbereide pan en bak 1 uur.

tel die oond af na 60 °C, laat die beskuit 10-15 minute afkoel, sny dit in vingers, pak dit op ’n plaat en plaas in die oond.

Droog dit oornag, en sit voor met warm koffie of tee.

- .