GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

750 ml (3 k) meel

7 ml (1½ t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

180 g botter

500 ml (2 k) strooisuiker

3 ekstragroot eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) lemoensap

1 lemoenskil

125 ml (½ k) melk

250 ml (1 k) versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 19 cm-koekpanne.

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n groot bak. Klits die botter en strooisuiker in ’n ander bak tot lig en donsig. Voeg die eiers, vanieljegeursel, die helfte van die lemoensap, lemoenskil en melk by en klits tot gemeng.
  2. Vou die meelmengsel stadig by die nat bestanddele in tot goed gemeng.
  3. Giet die beslag in die koekpanne en bak 40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sit eenkant en laat afkoel.
  4. Klits die oorblywende lemoensap en versiersuiker saam tot glad. Giet dit tussen en oor die afgekoelde koeke. Versier met lemoenskywe.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan