Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

Koek

2 lemoene

625 ml (2½ k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) sout

375 ml (1½ k) suiker

4 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

60 ml (¼ k) ekstrasuiwer olyfolie

30 ml (2 e) vars lemoensap

Versiersel

150 g witsjokolade

60 g botter

80 ml (? k) versiersuiker

200ml (¾ k) room

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en meel ’n 21 cm-Bundt-pan.

  1. Koek Bring 1,5 L (6 k) water in ’n pot tot kookpunt. Sny die bo- en onderkant van elke lemoen af. Wanneer die water kook, onderdompel die lemoene en kook sowat 10 min.
  2. Meng die gaar lemoene in ’n verwerker tot ’n growwe puree. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n bak.
  3. Voeg die suiker, eiers, vanielje en meelmengsel by die lemoenpuree. Verwerk 2 min. tot goed gemeng. Giet die olyfolie geleidelik in en verwerk tot gemeng.
  4. Giet die beslag in die bereide koekpan. Bak 50 min. tot ’n tandestokkie skoon uitkom wanneer dit in die middel van die koek gedruk word. Haal uit die oond en laat op ’n draadrak afkoel.
  5. Versiersel Kap die sjokolade en botter en sit eenkant. Bring die suiker en room in ’n kastrol oor matige hitte tot kookpunt. Stel die hitte laag en laat prut 6 min.
  6. Verwyder van die hitte en roer die sjokolade en botter in tot gesmelt. Roer die vanielje in. Laat die versiersel heeltemal afkoel terwyl jy af en toe tydens die afkoelproses roer. Versier die koek en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers