Lewer 1 brood

Bereiding: 15-20 minute

Baktyd: 40-45 minute

BROOD

3 groot eiers, geskei

250 ml (1 k) xylitol

300 ml bruismeel

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) amandelmeel

paar pistasieneute, gekap

160 ml (²/³ k) lemoensap

1 groot lemoen, diep afgeskil en in segmente gesny

15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil

STROOP

125 ml (½ k) lemoensap

2-3 kardamompeule, oopgebreek

30 ml (2 e) versoeter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 29 x 11 cm.

  1. Brood Klits die eiergeel tot lig. Voeg die helfte van die versoeter by en klits tot dik.
  2. Klits die eierwit tot skuimerig. Voeg die res van die versoeter by en klits tot dik. Vou by die eiergeelmengsel in.
  3. Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die amandelmeel en pistasieneute by.
  4. Meng die lemoensap, lemoensegmente en suurlemoenskil.
  5. Vou afwisselend met die meelmengsel by die eiermengsel in.
  6. Skep in die voorbereide pan en bak 40-45 minute of tot gaar.
  7. Stroop Kook die sap, kardamom en versoeter 5 minute saam. Giet oor die warm koek.