Lewer 1 groot brood

Bereiding: 15 minute

Baktyd: ’n uur

sap en skil van 2-3 lemoene

250 ml (1 k) rosyne

1 eier, effens geklits

30 ml (2 e) botter, gesmelt

500 ml (2 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

2 ml (½ t) koeksoda

2 ml (½ t) sout

125 ml (½ k) suiker 100 g pekanneute, grof gekap 1 lemoen, in skywe gesny Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n bakplaat.

  1. Vul die lemoensap aan met water tot 250 ml indien nodig. Voeg die lemoenskil en rosyne by.
  2. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en pekanneute by en meng deur.
  4. Voeg die lemoensapmengsel by die droë bestanddele en meng liggies.
  5. Skep die deeg in ’n hopie op die voorbereide plaat, rangskik die lemoenskywe boop en bak sowat ’n uur of tot gaar. (Bedek met tinfoelie as dit te donker bak.)
  6. Sit voor met heuning, botter en ekstra gekapte neute.