LEWER 18

Bereiding: 10 min.

Bak: 8 min.

2 eiers

80 ml (1/3 k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

125 ml (½ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

80 g botter

laventel-versiering

375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif

80 ml (1/3 k) water

15 ml (1 e) suurlemoensap

3 droë laventelknoppe

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n madeleine-pan.

  1. Plaas die eiers, suiker en vanielje in ’n bak en klits om te meng.
  2. Sif die meel en bakpoeier oor die eiermengsel en klits om te meng.
  3. Voeg die botter by en klits tot net gemeng. Skep die beslag in die madeleine-pan en bak 8 min. of tot opgepof en goudkleurig. Keer op ’n verkoelrak uit.
  4. LAVENTEL-VERSIERSEL Klits die versiersuiker, water en suurlemoensap saam in ’n bak tot goed gemeng. Roer die laventelknoppe in en verkoel 15 min. in die koelkas om te verdik. Doop die madeleines een-een in die versiersel en pak op ’n draadrak om te verhard.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers