Lewer 6 klein tertjies

Bereiding: 20 minute

Staantyd: oornag

Baktyd: geen

  • 3 eiers
  • 150 g strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 180 g blokmargarien of botter
  • 100 g kakao
  • 100 g gemengde neute of pistachioneute, gekap
  • 1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies

  1. Voer 6 mini-broodpannetjies (of 1 groter broodpannetjie) uit met ’n dubbellaag kleefplastiek en spuit met kossproei.
  2. Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel met ’n handmenger tot lig en donsig.
  3. Smelt die margarien of botter en meng die kakao in. Laat effe afkoel en meng die eiermengsel bietjie vir bietjie by die kakaomengsel in.
  4. Meng die neute in (hou ’n bietjie eenkant).
  5. Sprinkel die oorskietneute onderin die panne en skep ’n lagie sjokolademengsel in. Maak gelyk. Pak ’n lagie beskuitjies (sny die beskuitjies waar nodig kleiner sodat dit netjies pas).
  6. Herhaal die lae; eindig met beskuitjies. Druk vas, draai toe in kleefplastiek en verkoel oornag.
  7. Ontvorm, verwyder die kleefplastiek en versier met ekstra neute indien verkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.