LEWER SOWAT 24 MUFFINS

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

500 ml (2 k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) gemengde speserye

500 ml (2 k) volgraanmeel

100 ml semels

100 ml muesli

50 ml klapper

50 ml sonneblomsaad

100 ml pitlose rosyntjies

50 ml lynsaad

250 ml (1 k) sonneblomolie

3 eiers

10 ml (2 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) melk

500 ml (2 k) gerasperde wortels

6 fyngemaakte piesangs

10 ml (2 t) fyn kaneel

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) koeksoda

gevlokte amandels

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee muffinpanne.

Sif die koekmeel, bakpoeier en speserye saam. Voeg die  volgraanmeel, semels, muesli, klapper,  sonneblomsaad, rosyntjies en lynsaad by.

Klits die olie, eiers, geursel en melk saam. Meng die wortels en piesangs by.

Voeg die droë bestanddele by; roer tot net gemeng.

Skep in die panne, strooi die amandels oor en bak 25-30 minute.