LEWER 4-6 KLEIN QUICHES

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 g spek, in blokkies gesny

200 g spinasie, fyn gekap

200 g murgpampoentjies, fyn gerasper

200 g ricotta, gekrummel

200 g cheddarkaas, gerasper

60 ml (¼ k) pietersielie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

6 eiers

250 ml (1 k) bruismeel, gesif

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer ’n vierkantige 20 cm-koekpan of 4 klein tertpannetjies.
  2. Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel en spek tot goudbruin.
  3. Meng die uiemengsel met die spinasie, murgpampoentjies, ricotta, cheddar en pietersielie. Geur met die sout en peper.
  4. Klits die eiers en voeg by die groentemengsel. Meng die meel goed deur die mengsel.
  5. Giet in ’n bereide pan en bak 35-40 minute of tot goudbruin en gaar.
  6. Laat goed afkoel en pak in skool toe.

WENK: Bak ’n groot souttert, sny in blokke en vries.