LEWER 32 PLAATKOEKIES

Bereiding: 5 minute

Staantyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

BASIESE RESEP

500 ml (2 k) bruismeel

3 eiers, geklits

275 ml (1¼ k) karringmelk

sout en vars gemaalde peper

olie vir panbraai

VARIASIES

Tuna en pitmielies

1 blik (170 g) tuna, gedreineer

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

2 stingeluie, fyn gekap

Spinasie en spek

500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie

125 g spek, gebraai en fyn gekap

Botterskorsie en feta

500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie

2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel

’n knippie komyn

  1. Basiese resep Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.
  2. Variasies Besluit op ’n variasie.
  3. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper. Laat staan sowat 10 minute.
  4. Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante.

Deur Carmen Niehaus