LEWER 2 TERTE VAN 20 CM

Bereiding: 40 minute

Baktyd: 30 minute

15 g botter

40 g suiker

3 groot eiers, geskei

130 g koekmeel, gesif

knippie sout

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) vars lemoensap

skil van 1 lemoen

suiker vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer twee tertpanne van 20 cm elk.

  1. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiergele een vir een by.
  2. Voeg die meel en sout by en meng goed.
  3. Voeg die melk, lemoensap en lemoenskil by en meng goed.
  4. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in.
  5. Giet die mengsel in die voorbereide tertpanne en bak 30 minute tot goudkleurig en gestol.
  6. Strooi ’n bietjie suiker oor wanneer dit by die oond uitkom.