LEWER 1 RINGKOEK (5-6 GROOT PORSIES)

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 45 minute

Laagkoek

200 g donkersjokolade

6 eiers, geskei

375 ml (1½ k) suiker

45 ml (3 e) kakao

180 ml (¾ k) warm water

180 ml (¾ k) olie

7 ml (1½ t) vanieljegeursel

375 ml (1½ k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

Stroop

250 ml (1 k) water

250 ml (1 k) suiker

15 ml (1 e) kakao

Versiersel

60 g botter of margarien

15 ml (1 e) kakao

15 ml (1 e) versiersuiker

100 g donkersjokolade

sjokoladekrulle, gekrummelde Flake-sjokolade of sjokoladeballetjies vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n reghoekige pan van 20 x 30 cm met margarien of bespuit met kossproei. Bestrooi met meel.

  1. Koek Smelt die helfte van die sjokolade in ’n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond. Roer af en toe. Hou die res van die sjokolade eenkant vir die versiersel.
  2. Klits die eiergele en suiker saam tot lig en dik.
  3. Meng die kakao met die water en voeg die olie en gesmelte sjokolade by. Meng.
  4. Klits by die eiergeelmengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
  5. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eiergeelmengsel in.
  6. Klits die eierwitte styf en vou by die beslag in. Skep in die pan en bak 45 minute tot gaar. Laat effens in die pan afkoel en keer op ’n draadrakkie uit. Sny in 4 blokke.
  7. Stroop Kook al die bestanddele saam en giet oor die warm uitgekeerde koek.
  8. Versiersel Klits die botter tot romerig, sif die kakao en versiersuiker by en klits tot romerig. Smelt die donkersjokolade en roer by. Smeer die mengsel op elke blok en pak die blokke op mekaar. Versier.