Maak 12 muffins.

MUFFINS

500 ml (2 k) koekmeel

60 ml (¼ k) strooisuiker

20 ml (4 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

160 ml (2/3 k) ingedampte of karringmelk

80 ml (1/3 k) water

60 ml (¼ k) STORK BAKE, gesmelt

1 eier

60 ml (¼ k) konfyt van jou keuse

BOLAAG

60 ml (¼ k) suiker

5 ml (1 t) fyn kaneel

125 ml (½ k) pekanneute, fyn gekap

60 ml (¼ k) STORK BAKE, gesmelt

MUFFINS

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 12 muffinholtes met kolwyntjiepapier uit.

  1. Meng die meel, strooi­suiker, bakpoeier en sout in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel.
  2. Klits in ’n aparte bak die ingedampte of karringmelk, water, STORK BAKE en eier saam.
  3. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en roer tot net gemeng (moenie te veel meng nie).
  4. Skep ’n opgehoopte eetlepel beslag in elke papierbakkie.
  5. Skep 1 teelepel konfyt in die middel van elk.
  6. Skep die res van die beslag oor die konfyt sodat die konfyt heeltemal bedek is.

BOLAAG

  1. Meng die bestanddele en sprinkel oor die deeg.
  2. Bak 20-25 minute tot gerys en goudbruin.
  3. Haal uit die muffinpan en laat op ’n draadrak afkoel.
  4. Bêre in ’n lugdigte houer.