LEWER 1 TERT VAN 30 CM

Bereiding: 40 minute

Baktyd: 25 minute

KORS

250 g koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

65 g suiker

knippie sout

112 g botter

1 groot eier, geskei

VULSEL

125 ml (½ k) appelkooskonfyt

112 g versiersuiker

60 g pekanneute, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbord of -pan van 20 cm.

  1. KORS Meng al die bestanddele behalwe die eierwit in ’n voedselverwerker en pols tot ’n deeg vorm.
  2. Voer die boom en die kante van die tertpan daarmee uit.
  3. VULSEL Verhit die konfyt en smeer oor die deegbasis, maar nie die kante van die pan nie.
  4. Klits die eierwit en versiersuiker tot stywe punte vorm. Smeer oor die appelkooskonfyt.
  5. Strooi pekanneute oor en bak 20-25 minute.