Genoeg vir 6

Berei: 15 min.

Bak: 1 uur 30 min.

150 g volvetroomkaas

3 eiergele

1 eier

30 ml (2 e) canola-olie

60 ml (¼ k) meel, gesif

50 g kondensmelk

3 eierwitte

5 ml (1 t) suurlemoensap

45 g strooisuiker

Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer en voer ’n ronde 20 cm-koekpan met bakpapier uit.

1. Smelt die roomkaas in ’n dubbele kastrol. Sodra die roomkaas gesmelt is, klits tot dit ’n gladde tekstuur het. Laat staan eenkant.

2. Klits die eiergele, eier en kondensmelk saam tot goed gemeng. Laat staan eenkant.

3. Verhit olie op die stoof. Sodra dit verhit is, skink dit oor die meel en meng vinnig tot ’n gladde pasta. Laat staan eenkant.

4. Skink die eiergeel-mengsel die by roomkaas en meng goed. Voeg dan die olie-en-meelmengsel by en klits tot goed gemeng. Laat staan eenkant.

5. Klits die eierwitte tot skuimerig, voeg suurlemoensap by, en dan die suiker in drie sarsies. Hou aan klits tot ’n stywe piek vorm. Vou die meringue bietjies-bietjies by die eiergeelmengsel in. Maak seker jy hou aan invou tot jy geen strepe meringue kan sien nie.

6. Skink die beslag in die koekpan en tik ’n paar keer op die tafel om van lugborrels ontslae te raak. Bak 30 min. met die waterbadmetode en dan nog ’n uur teen 130 °C.

7. Wanneer dit klaar gebak is, laat 5 min. afkoel en dop uit koekpan. Draai dit om en laat heeltemal afkoel. Sif strooisuiker oor en sit voor.