Hou jou lyf Martha Stewart en bak kolwyntjies! Hier is ’n maklike resep:

Bestanddele

2 koppie bruismeel (gesif)

3/4 koppie strooisuiker

3/4 koppie melk

125g botter (smelt en laat afkoel)

2 eiers (geklop)

1 teelepel vanieljegeursel

Versiersuiker

1 1/2 koppies versiersuiker

Koskleursel 1 eetlepel water Metode Stap 1 Meng meel en strooisuiker in bak. Maak ’n holte in die middel. Stap 2 Voeg melk, botter, eiers en vanieljegeursel by die droë mengsel. Meng liggies. Stap 3 Skep mengsel in voorbereide muffinpan. Bak in voorverhitte oond teen 200° vir 12 tot 15 minute. Laat afkoel. Stap 4

Versiering: Sif versiersuiker in bak. Voeg koskleursel en water by. Meng tot gladde mengsel. Skep versiersuiker oor kolwyntjies. Versier na hartelus!