Die uitdaging: Padkos met eiers, vetkoek en hoender.

LEWER 6-8 GROOT VETKOEKE

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

BROOD

600 g witbroodmeel

30 g sout

30 g suiker

10 g kitsgis

600 ml louwarm water

olie vir diepbraai

GROENTEVULSEL

6 murgpampoentjies, in repe gesny

1 eiervrug, in dun skywe gesny en met

olyfolie bestryk

sout en peper

20 klein tamaties, heel of gehalveer

1 wiggie fetakaas, grof gekrummel

10 olywe, ontpit en gehalveer

  1. Brood Plaas al die bestanddele behalwe die olie in ’n menger. Meng met die Kmenger tot die deeg van die kant loskom.
  2. Laat rys op ’n warm plek en sny in langwerpige vetkoeke.
  3. Diepbraai in die warm olie tot net gaar.
  4. Groentevulsel Braai die murgpampoentjies in ’n riffelpan tot effens geskroei. Braai die eiervrug in die pan tot sag. Geur met die sout en peper.
  5. Verhit die roosterelement van die oond. Rooster die tamaties tot gekaramelliseer en tot die punte begin swart word. Geur met die sout en peper.
  6. Vul die vetkoek met die feta, groente en olywe.