Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

750 ml (3 k) meel

20 ml (4 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

125 ml (½ k) warm water

60 ml (4 e) korrels koffie

375 ml (1½ k) karringmelk

375 ml (1½ k) suiker

6 eiers

125 ml (½ k) olie

10 ml (2 t) vanieljegeursel

Botterversiersel

125 g botter

500 ml (2 k) versiersuiker, gesif

15 ml (1 e) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Los 10 ml (2 t) koffiekorrels in die water op. Plaas die koffie, karringmelk, suiker, eiers, olie en vanielje in ’n aparte mengbak en meng goed.
  2. Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng op lae spoed tot die twee mengsels net gemeng is.
  3. Verdeel die beslag tussen 2 x 20 cm-koekpanne en bak 1 uur of tot ’n steekpen skoon uitkom. Laat 5 min. in die panne afkoel voor jy dit uithaal. Laat die koek dan heeltemal afkoel op ’n draadrak.
  4. Botterversiersel: Klits die botter in ’n mengbak tot sag en vaal. Hou aan klein hoeveelhede versiersuiker byvoeg tot dit alles by die botter ingewerk is. Voeg die melk by en klits tot glad.
  5. Plak die afgekoelde koffiekoeke aan mekaar vas met ’n dik laag van die botterversiersel. Smeer die oorblywende versiersel oor die bokant van die koek.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller