LEWER 1 KOEK (8-10 SNYE)

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40-45 minute

Verkoeltyd: 30 minute

Kors

330 g brosbroodbeskuitjies,

gekrummel

55 g botter, gesmelt

30 ml (2 e) koffielikeur

Vulsel

3 houers (230 g of 250 g elk) roomkaas

1 houer mascarponekaas

200 ml suiker

30 ml (2 e) koffielikeur

10 ml (2 t) koffiepoeier

3 eiers

60 ml (. k) koekmeel

Bolaag

250 ml (1 k) donkersjokoladeskyfies 80 ml (1/3 k) room 30 ml (2 e) sterk koffie Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas ’n pan met water onder in die oond. Voer ’n 22 cm-veerklamppan uit met bakpapier en smeer die papier.

  1. Kors Meng die krummelsen gesmelte botter deeglik en roer die likeur by. Druk die kors op die boom van die voorbereide pan vas.
  2. Vulsel Meng die roomkaas, mascarpone en suiker tot baie glad. Meng die likeur en koffiepoeier en meng dit by. Voeg die eiers en meel by en roer dit stadig by tot net gemeng. Giet die mengsel in die voorbereide kors. Bak 40- 45 minute of tot net gestol. Maak die oonddeur oop, skakel die oond af en laat 20 minute in die oond afkoel. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Plaas minstens 3 uur in die yskas voor dit voorgesit word.
  3. Bolaag Verhit die sjokoladeskyfies, room en koffie en roer tot die sjokolade gesmelt het. Giet dit in ’n sigsag-patroon oor die koek.