Lewer 18 blokkies

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

395 g kondensmelk

250 ml (1 k) bruinsuiker

125 g botter, gekap

180 g donkersjokolade, fyn gekap

15 ml (1 e) koffiepoeier

Smeer ’n vierkantige bak van 16 x 16 cm.

  1. Plaas die kondensmelk, suiker en botter in ’n kastrol oor lae hitte. Verhit 10 min. sonder dat dit kook terwyl jy roer tot die mengsel glansend is en die suiker opgelos het.
  2. Verhoog die hitte tot matig. Bring tot prutpunt terwyl jy roer. Laat kook 5 min. of tot die mengsel verdik en van die kante af wegtrek terwyl jy aanhoudend roer.
  3. Verwyder van die hitte, roer die sjokolade en koffiepoeier in tot gemeng en die sjokolade gesmelt het. Skep in die bereide pan en maak bo-op glad. Laat teen kamertemperatuur afkoel en verkoel dan tot koud. Sny die fudge in blokkies met ’n warm, skerp mes.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers