Maak sowat 52 koeksisters

Bereiding: 45 minute

verkoeltyd (stroop): oornag

Gaarmaaktyd: 30 minute

STROOP

6 x 250 ml (6 k) suiker

600 ml water

300 ml suurlemoensap

skil van 1 suurlemoen

2 sakkies rooibostee

KOEKSISTERS

5 x 250 ml (5 k) koekmeel

25 ml (5 t) bakpoeier

7 ml (11/2 t) sout

60 ml (11/4 k) botter

3 eiers

375 ml (11/2 k) karringmelk

olie vir diepbraai

  1. STROOP Verhit al die stroopbestanddele in ’n kastrol en roer tot opgelos. Bring tot kookpunt en laat ’n paar minute prut. Verwyder die teesakkies en verkoel tot yskoud – eers ’nrukkie in die vrieskas en dan oornag in die yskas. Hou verkoel tot benodig.
  2. KOEKSISTERS Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarby in. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Meng deur met ’n mes tot ’n sagtedeeg.
  3. Knie die deeg tot glad en elasties. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot nodig.
  4. Verdeel die deeg in twee en hou die een deel onder ’n klam doek.
  5. Rol die ander deel van die deeg sowat 2,5 cm dik uit. Sny in stukke van sowat 3 vingers wyd en 5 cm lank.
  6. Sny elke stuk in drie repies, maar moenie bo regdeur sny nie.
  7. Vleg die repies lossies oormekaar en druk die puntjies vas. Moenie te styf vleg nie, dit bemoeilik die gaarmaakproses. Verhit genoeg olie vir diep braai en braai die koeksisters in sarsies tot goudbruin en gaar.
  8. Skep uit met ’n gaatjieslepel en dompel dadelik in die koue stroop. Laat lê in die stroop tot dit genoeg opgesuig het en pak op ’n draadrak sodat die oortollige stroop afdrup. Herhaal met die res van die koeksisters.
  9. Bêre die koeksisters in die yskas tot benodig.