Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Bak: 45 min. 

3 eiers

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) olie

60 ml (¼ k) fyn okkerneute

60 ml (¼ k) amandelvlokkies

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

15 ml (1 e) kitskoffiepoeier

125 ml (½ k) droë bosbessies of rosyne

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

VERSIERSEL

120 g botter, kamertemperatuur

15 ml (1 e) kitskoffiepoeier

375 ml (1½ k) versiersuiker

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan.
  2. Klits die eiers, suiker en olie saam.
  3. Meng die okkerneute, amandels, meel, bakpoeier en koffiepoeier in ’n ander bak.
  4. Voeg die droë mengsel by die nat mengsel en klits om te meng. Voeg die vrugte en vanielje-ekstrak by en klits weer.
  5. Giet die beslag in die broodpan en bak 45 minute of tot gaar. (’n Mes moet skoon uitkom wanneer dit by die middel ingesteek word.)
  6. Laat dit ’n paar minute afkoel en keer dit dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.
  7. Versiersel Klits die botter en koffiepoeier met ’n elektriese klitser saam tot romerig. Voeg die versiersuiker ’n ½ k op ’n slag by en meng dit ná elke byvoeging goed in. Voeg die vanielje-ekstrak by en klits tot dik en romerig.
  8. Smeer die versiersuiker oor die afgekoelde koek.

Deur Hope Malau