LEWER 1 TERT VAN 30 CM OF 6-8 GLASIES

Bereiding: 30 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

1 gekoopte Switserse rolkoek

1 blik (825 g) koejawels

30 ml (2 e) vlapoeier

30 ml (2 e) koue water

1 blik (385 g) kondensmelk

250 g gladde maaskaas

125 ml (½ k) suurlemoensap

5 ml (1 t) gelatien

15 ml (1 e) koue water

250 ml (1 k) room (opsioneel)

25 ml (5 t) strooisuiker (opsioneel)

  1. Sny die Switserse rolkoek in snye en voer ’n pan van 30 cm met die snye uit of pak dit op die bodem van klein glasies.
  2. Dreineer die koejawels, druk effens fyn en verhit in ’n kastrol.
  3. Meng die vlapoeier en die water, voeg by die koejawels en roer tot verdik.
  4. Smeer die koejawelmengsel oor die snye Switserse rolkoek en hou eenkant.
  5. Meng die kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap.
  6. Sprinkel die gelatien oor 15 ml (1 e) koue water en laat dit spons.
  7. As dit gespons het, maak die mengsel warm in ’n glasbak oor ’n pot warm water tot dit gesmelt het. Jy kan dit ook ’n paar sekondes mikrogolf.
  8. Voeg ’n bietjie kondensmelkmengsel by die gelatien. Voeg die gelatien by die res van die kondensmelkmengsel terwyl dit geklits word.
  9. Smeer die mengsel oor die afgekoelde koejawellaag.
  10. Klits die room en strooisuiker tot styf en smeer oor die kondensmelkmengsel indien verkies.
  11. Plaas die tert 2-3 uur in die yskas tot gestol.