Lewer sowat 18 muffins

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

1 pak (600 g) sponskoekmengsel

sap en skil van 2 suurlemoene

15 ml (1 e) papawersaad

9 koejawels, gehalveer

2-3 vars grenadellas se pulp

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer sowat 18 holtes van diep muffinpanne uit met groot blokke waspapier en spuit met kossproei.

  1. Maak die koekmengsel aan soos beskryf op die pakkie, maar vervang van die vloeistof met die suurlemoensap.
  2. Voeg die skil en papawersaad by.
  3. Skep die muffinholtes driekwart vol.
  4. Druk ’n koejawelhelfte in elk en bak tot gaar, sowat 15-20 minute.
  5. Sit louwarm voor met grenadella-pulp.